)

Mnr & Mej Cradock Hoërskool skouspel binnekort op die planke

Die gewilde Theron du Plessis Mnr & Mej CHS vind vanjaar plaas op Woensdag 11 April 2018.  Hierdie jaarlikse spoggeleentheid is reeds wel bekend aan die inwoners van Cradock asook die matriekleerlinge van Hoërskool Cradock, wat reeds talle ure se voorbereiding ingesit het om ‘n fantastiese program op die planke te bring.

Op Donderdag 22 Maart 2018 het die deelnemers hul eerste rondte beoordeling ondergaan tydens ‘n Mocktail-geleentheid by die Victoria Hotel.  Deelnemers en beoordeelaars het vir die eerste keer ontmoet in ‘n vyf-minuut vraag en antwoord sessie, waarna bemarkingsfoto’s van elk geneem is.  Die opgewondenheid was duidelik sigbaar onder deelnemers én beoordeelaars, wat dit eens was dat enigeen van die drie en twintig CHS deelnemers hierdie met die gesogte titel kan wegstap.

Die organiseerders en borge van die Theron du Plessis Mnr & Mej CHS geleentheid is opgewonde oor die nuwe fase wat hierdie spoggeleentheid in 2018 bereik het.  Vanjaar sal die gaste van díe geleentheid ook die heel eerste Theron du Plessis Mini Mr & Miss kompetisie kan geniet.
Graad 3-leerders van Cradock Voorbereidingskool neem in hierdie afdeling deel en het reeds vroeg gewys dat hulle in gees en entoesiase gelykstaan met die matrikulante van CHS.

Enkele kaartjies is nog beskikbaar vir hierdie spoggeleentheid, vir beide die gallery sowel as die tafels (wat ‘n ligte ete insluit). Kontak CHS by 048-881-2784 om jou kaartjies te bespreek.  Die “Frozen Fairytale”-tema sorg vir ‘n see van sneeu en kristalle en tesame met die skitterende glimlagte van al die deelnemers beloof dit om ‘n aand te wees om te onthou!

 

Op die foto bo:
Die finaliste van die Theron du Plessis Mnr & Mej CHS kompetisie.  Hierdie deelnemers het reeds ‘n eerste rondte beoordeling ondergaan en die terugvoer van die beoordeelaars is dat die 2018 kompetisie ‘n nek-aan-nek een gaan wees.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal