)

Nuwe hoofleiers by Hoërskool Cradock aangewys

Tydens die jaarlikse prysuitdeling op Dinsdag 17 Oktober 2017 is Hoërskool Cradock se nuwe hoofleiers vir 2018 aangewys.

In ‘n spanningsvolle oomblik is die asems opgehou vir die aankondiging van die vier nuwe hoofleiersposisies.  Die potensiële kandidate is almal uitblink-leerders, met sterk leierskapsvermoë.

Baie geluk aan Marike Dannhauser en Ryan Gowar wat onderskeidelik as onderhoofdogter en –seun aangewys is.  Groot vreugde het geheers met die aankondiging van die hoofleiers vir 2018, Shanè de Waal en Chuma Dilima.

Om William Shakespear aan te haal: “Some are born great, some achieve greatness, and some have greatness thrust upon them.”  Baie sterkte aan hierdie vier leerlinge wat in die komende jaar die skool gaan lei.  Julle het ‘n groot taak wat op julle wag, maar ons is oortuig dat julle ‘n sukses hiervan sal maak.

Op die foto:

Die 2018 hoofleiers van CHS.
Vlnr:     Marike Dannhauser, Shané de Waal, Chuma Dilima, Ryan Gowar

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal