)

Leané Jonker van CHS ontvang Springbok-toekenning vir Landsdiens

Leané Jonker, leerder van Hoërskool Cradock, het onlangs ‘n puik prestasie behaal.  Hierdie sprankelende matrikulant het ‘n Springbok-toekenning ontvang vir Landsdiens.

Hierdie is egter geen maklike taak nie.  Vir ‘n leerder om in aanmerking te kom vir hierdie toekenning moet hulle altesaam 100 punte versamel, waarna ‘n portefeulje saamgestel oor hul take en betrokkenheid in die gemeenskap.  Hierdie portefeulje word nagegaan deur SA Landsdiens en indien die inligting na wense is word leerders beloon vir hul werk in die gemeenskap met hierdie gesogte toekenning.

Leerders kan ook landsdienskampe bywoon om punte bymekaar te maak.  Vir elke aktiwiteit wat die leerders in die gemeenskap inisieër ontvang hulle een punt.  Kampe wissel tussen 2 tot 4 punte elk, met gemiddeld 2-3 kampe wat jaarliks plaasvind.

Om 100 punte te versamel is ‘n taak wat jare neem en verg deursettingsvermoë en toewyding, karaktereienskappe wat dik geweef is deur Leané se DNS.  Sy het as graad 9-leerder by Landsdiens betrokke geraak en reeds talle projekte in die gemeenskap geloots om die lewe vir ander te verbeter.  Haar hart is reg en drome groot en met ontvangs van hierdie pragtige toekenning word sy beloon vir haar rol in ander se lewens.

Baie geluk Leané, dis wonderlik om te sien as Kwaggas presteer te danke aan hul karakter en optrede.

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal