)

Graad 11-Erries doen prakties Landbou-ondervinding op

Die graad 11-groep Landbouleerders op die uitstappie.

Die finale prakties van die jaar vir die graad 11-Landbouleerders van Hoƫrskool Ermelo het plaasgevind op 16 Oktober by Mnr. Jan Grey van die Davel-distik.

Mnr. Grey het op sy entoesiastiese manier waardevolle inligting aan die leerders oorgedra. Hier het die leerders baie geleer van skaapboerdery, intensiewe melkery (Hotelboerdery), vleisbeesboerdery, graanboerdery en appels. Die moderne tegnologiese manier van presisieboerery op die plaas was veral baie interessant vir die leerders.

Vroeg die oggend besoek die leerders die moderne melkboerdery. Hier word die hele stelsel van behuising, voeding, kalf grootmaak, die melkproses, rekordhouding en teling van melkbeeste aan hulle verduidelik. Hulle is ook bevoorreg om die hele Kunsmatige Inseminasieproses te beleef en self die inwendige geslagstelsel van koeie te ondersoek.

Daarna besoek die Erries Oom Vos se top genetiese skaapkudde. Hier was die veearts besig om gesinchroniseerde skaapooie te KI met die moderne laproskopiese metode. Die leerders was bevoorreg om te sien hoe semen by die ramme getap word en het self semenondersoeke onder ’n mikroskoop gedoen. Die dokter het baie mooi aan die leerders verduidelik hoe die hele proses van KI by skape werk.

Die besoek aan die appelboord was baie insiggewend. Mnr. Johan Hamman het aan die leerders die hele produksieproses van appels verduidelik. Hulle hoor alles van aanplanting, kultivarkeuses, tot by bemarking en verkope.

Baie dankie aan mnr. Jan Grey vir die leersame besoek wat die leerders se kennis aansienlik verbreed het.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Thought of the Week – Gedagte vir die Week

Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal