Vlnr: Japie Chris Groenewald, Rynhard Herholdt, Inge Greyling en Hendrik Louwrens
Die naweek van 18 tot 20 Oktober het van Hoërskool Ermelo se tennisspelers aan die Hoëveld Tennis-uitspele deelgeneem in Secunda.
Die volgende leerders het plekke verwerf en is gekies vir die onderskeie Hoëveldspanne: Hendrik Lourens is nommer vier by seuns o/18, Rynhard Herholdt is nommer vyf en Japie Chris Groenewald nommer ses. Inge Greyling is nommer vier by dogters o/15.
Baie geluk aan elkeen van die leerders. EHS is besonder trots op elkeen van julle.