)

Graad 11-EHS landbouers doen PAT-prakties

Luke Bulford en Zander de Beer

Die Gr11- Landboubestuurleerdersvan Hoërskool Ermelo, het hulle finale praktiese evaluering by Denise Cook afgelê. Die prakties het plaasgevind op Woensdag 9 Oktober en die leerders het met skape gewerk. Die Erries was vroeg reeds op die plaas en spoedig volstoom aan die gang.

Die praktiese assessering tel 50% van die leerders se Praktiese Assesseringstaak-opstuurpunt. Me. Cook het die leerders vriendelik ontvang en hulle touwys gemaak in algemene skaapboerdery en siektevoorkoming.

Die leerders is geëvalueer op skaapaanjaag (herding), hantering en vang, inenting, dosering, stertafsit (docking), merk en kastrering van die ramme. Ten spyte van die harde werk en die sweet, het almal dit terdeë geniet en ongelooflik baie geleer.

Baie aan Me. Denise Cook vir haar kennis en dat sy die Erries met ope arms ontvang en laat tuis voel het.

Die Erries het ook lekker by Morné en Michelle Engelbrecht  op die plaas gekuier waar hulle na die gesteenteformasies gekyk het, die natuurbrug op die plaas besoek het en lekker in die natuur ontspan en middagete voorberei het.

EHS is baie dankbaar vir die voorreg om een van die mooiste plase in die Hoëveld te kon besoek!

Devon Cockroft
Drean van Breda en André Dale Groenewald
Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Thought of the Week – Gedagte vir die Week

Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal