Simone Stapelberg ontvang die Ligbron Ambassadeurstrofee vir 2018. Hierdie trofee word toegeken aan die leerder wat die grootste bydrae gelewer het op alle vlakke van akademie, sport, kultuur en leierskap gedurende hulle skoolloopbaan. Hierdie is ook die hooftoekenning van die aand.
Die leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie is op Donderdagaand, 17 Oktober, tydens die jaarlikse Prysuitdelingsfunksie vereer vir hulle harde werk en getroue toewyding die afgelope jaar. Die prysuitdelingsfunksie is een van die top geleenthede op die Liggie-kalender en hierdie funksie word as ‘n prestige geleentheid bestempel. Baie geluk aan elke Liggie wat ‘n toekenning ontvang het. Die prysuitdeling is ‘n wonderlike voorbeeld en bewys van die harde werk wat julle jaarliks op Akademiese-, Sport- en kulturele gebied insit. Ligbron is met reg trots. Die Liggies bedank ook graag vir TWK Agri wat as hoofborg opgetree het, sowel as elke ander borg wat die aand moontlik gemaak het.