Tydens die Septembervakansie het agt van Hoërskool Ermelo se skuts aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te Kaapstad deelgeneem.
Die skuts het besondere tellings geskiet.
In die sporterklas skiet Reinhardt Vorster 1431, John-Henri van Zyl 1371, Hendrea van Zyl 1323, Renel Swanepoel 1291, Dehandri Morkel (L/S JJ van der Merwe) 1286, Pieter de Beer 1274 en Herman Holtzhausen 1253. Emma Stevens skiet haar persoonlike beste van 667 in die pistoolklas.
Baie geluk aan elkeen van die skuts met die besondere prestasie om aan die SA’s deel te neem. EHS is besonder trots op julle!