)

EHS-ruiters word gekroon as nasionale kampioene

V.l.n.r:  Inge van der Walt, Walter van der Walt en Margha Greyling.

Tydens die Septembervakansie het ‘n paar ruiters van Hoërskool Ermelo, Inge en Walter van der Walt, asook Margha Greyling, Mpumalanga verteenwoordig tydens die Suid Afrikaanse Nasionale kampioenskappe te Misty Meadows.

Inge is nasionale kampioen van Hoërskole vlak vier in Barrel Racing op haar perd Nic-nac Speedy.

Walter se span wen Hoërskole vlak sewe. Walter en sy spanmaat, Carle Bezuidenhout, wen Handy Hunter vlak vyf.

Inge en haar perd Diesel behaal ‘n vierde plek in 80cm kompetisie klas. Sy en haar perd Trevan Applause kry ‘n twaalfde plek in die 90 cm accumulator klas.

Walter behaal ‘n sewende plek working hunter 1m klas op sy perd Classic Element, asook ‘n sesde plek in die 110cm accumulator klas. Verder het Walter ook twee negende plekke plekke in 110cm behaal.

Margha behaal plekke in byna al haar klasse met haar perd Lorelock Legolas, maar die hoogtepunt is haar vyfde plek in Showing Level 5. Sy word ook gekroon as SA-kampioen in Equitation 70cm.

Vanaf 2 tot 3 Oktober het Margha ook die voorreg gehad om aan die Suid-Afrikaanse Derby te Kayalami deel te neem met haar perd Alley Cat. Dié Derby is die grootste skou in Suid-Afrika. Sy wen die Show Hunter-klas en eindig as reserwe vir die Derby Showhorse Kampioen. Voorwaar ‘n uitstaande prestasie.

Baie geluk aan die Erries wat hier deelgeneem en presteer het. EHS is besonder trots op elkeen van julle!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal