)

Errie-graad 11’s skitter trots by jaarlikse baadjieseremonie

Vosjan Grey en Jana Nel (Presidente 2020) staan trots op die verhoog terwyl mnr. Pieter Grobler hul erekode voorlees.

Op Dinsdag, 1 Oktober, het Hoërskool Ermelo hul jaarlikse prag-seremonie gehou waar die graad 11’s hul streepbaadjies ontvang.

Die spesiale funksie behels die oorhandiging van EHS se kenmerkende streepbaadjies aan volgende jaar se matrieks. Die leerders antwoord op ‘n erekode, waarna hulle op die verhoog staan en hule ouers die geleentheid kry om die gewone groen baadjie te vervang met die streepbaadjie.

Die simboliese waarde agter die baadjies is iets wat die Erries na aan die hart lê. Dit is ter aanduiding daarvan dat jy as graad 12-leerder deel is van die leiers van die EHS en ‘n voorbeeld stel vir dié wat na jou moet opkyk.

Die eerste skoolhoof van EHS (toe nog genoem die Uitkomstskool), mej. Adriani, het in ongeveer 1917 die breë groen en smal wit kleure voorgestel. Die wit is simbolies vir reinheid en opregtheid en die groen vir moed en hoop.

Na die oorhandiging van die baadjies, is die Skool-Bybel oorhandig aan die hoofdogter vir 2020, Jana Nel, as simbool van geloof met die wens: “Glo in God en glo in die toekoms. Neem dit as ‘n lig vir jou pad – ook vir die Erries.”

Die skoolvlag is oorhandig aan die hoofseun vir 2020, Vosjan Grey, as simbool van eenheid – eenheid in wil en eenheid in strewe. Die wens wat gepaardgaan met dié vlag, is: “Neem dit en bou ‘n beter toekoms vir ons skool en ons land.”

Die streepbaadjies is onlosmaaklik deel van die trots van Errie-wees.

Vosjan Grey en Jana Nel (Presidente 2020) na die streepbaadjies aantrek en die oorhandiging gedoen is
Me. Erna Schoeman oorhandig die Skoolbybel aan Jana Nel, President 2020 en mnr. Willem Romijn oorhandig die skoolvlag aan Vosjan Grey, President 2020
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal