Arend Fourie voor en Andre Dale Groenewald agter hom
Gedurende die naweek van 6 en 7 September het Hoërskool Ermelo deelgeneem aan die jaarlikse Mpumalanga 7’s-rugbyuitspele in Barberton. Hoërskool Ermelo het ‘n o/15- en ‘n o/17-span ingeskryf. Die Erries behaal gemengde welslae tydens twee reënerige dae.
Die o/15-span verloor 12-21 teen Curro Nelspruit,maar wen Penryn met 30 – 7. Die 0/15’s wen Bergvlam 64-5 en Oosterland 19-0, maar verloor ongelukkig teen Hoërskool Middelburg in die Cup-kwartfinaal,sowel as teen Hoërskool Nelspruit in die plaat-semifinaal. Die Erries se o/15-span eindig sewende in die toernooi.
Die o/17’s kon ongelukkig slegs een oorwinning op die eerste dag behaal. EHS wen Piet Retief 21-19, maar verloor teen Penryn, Barberton en Curro Nelspruit met tellings van onderskeidelik 5-12, 5-14 en 7-19. Op die tweede dag wen die 0/15’s albei hul wedstryde. EHS wen Generaal Hertzog 28-7 en Steelcrest 22-5. Hulle sluit die toernooi die toernooi af met ‘n sewentiende plek.
Die MPU-7’s was ‘n goeie geleentheid vir die seuns om hulle talent vir 7’s-rugby verder fe ontwikkel en waardevolle ervaring op te doen. Geluk aan al die seuns en hul afrigters met hul mooi uitslae en ‘n hartlike woord van dank aan elk vir hul opoffering.