Agter vlnr: Ernst Pieterse en Danté van der Westhuizen
Voor vlnr: Ziné Maree, Niandi Coetzee en Cornelis van Dyk
Op Saterdag, 4 Augustus, het twee Nellie-debatspanne aan die ATKV se nasionale debatsfinaal te Goudini deelgeneem.
Seniors, Danté van der Westhuizen en Ernst Pieterse in graad 11, het hul debat teen Hoërskool Punt gewen. Die seniors moes argumenteer dat klimaatsveranderingpraktyke deur nasionale wetgewing gereguleer moet word. Uit die 14 deelnemende topskole eindig die Nellie-span vyfde. Hul afrigter, mnr. Theo van der Westhuizen, is in sy skik met die prestasie!
Die junior debatspan, bestaande uit Niandi Coetzee, Cornelis van Dyk en Ziné Maree, was die enigste graad 8’s tussen die veertien junior spanne. Hulle het Grey Kollege oortuigend gewen met hulle bekkige argumente dat nasionale vakansiedae in Suid Afrika afgestel moet word. “Hulle afrigter, advokaat Maritza Uys, het haar besonder goed van haar taak gekwyt en “is baie trots op die jong spannetjie se talent,” sê mev. Magda van der Merwe, debat- en redenaarsorganiseerder van die skool.