)

Hoërskool Nelspruit debatspan presteer nasionaal

Agter vlnr: Ernst Pieterse en Danté van der Westhuizen

Voor vlnr: Ziné Maree, Niandi Coetzee en Cornelis van Dyk

Op Saterdag, 4 Augustus, het twee Nellie-debatspanne aan die ATKV se nasionale debatsfinaal te Goudini deelgeneem.

Seniors, Danté van der Westhuizen en Ernst Pieterse in graad 11, het hul debat teen Hoërskool Punt gewen. Die seniors moes argumenteer dat klimaatsveranderingpraktyke deur nasionale wetgewing gereguleer moet word. Uit die 14 deelnemende topskole eindig die Nellie-span vyfde. Hul afrigter, mnr. Theo van der Westhuizen, is in sy skik met die prestasie!

Die junior debatspan, bestaande uit Niandi Coetzee, Cornelis van Dyk en Ziné Maree, was die enigste graad 8’s tussen die veertien junior spanne. Hulle het Grey Kollege oortuigend gewen met hulle bekkige argumente dat nasionale vakansiedae in Suid Afrika afgestel moet word. “Hulle afrigter, advokaat Maritza Uys, het haar besonder goed van haar taak gekwyt en “is baie trots op die jong spannetjie se talent,” sê mev. Magda van der Merwe, debat- en redenaarsorganiseerder van die skool.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal