O/15A-dogtershokkiespan
Voor vlnr:Ā Danel Olivier, Me. Linda Horn en Anzelle Vosloo
Middel vlnr:Ā FranĆ© Swart, Deidre van der Meyden, ChloĆ« van Wyngaardt, Sinethemba Nkosi, AlonĆ© Arnoldi, Kayla van
der Meyden, Cara Snyman en Surika Struwig
Agter vlnr:Ā Caylin Loock, Jenna Oosthuizen, Monique Ferreira, Carla Ferreira, Abigale Boynton en Khensani Khumalo
Twee van Hoƫrskool Ermelo se dogters-hokkiespanne het op Donderdag, Vrydag en Saterdag, 8 tot 10 Augustus, kragte gemeet teen die beste spanne in Noordvaal.
Die o/15A-span het in Krugersdorp deelgeneem op HoĆ«rskool Noordheuwel se astro.Ā Hierdie span het vir geen Makro-skool teruggestaan nie. Die eerste uitspeelwedstryd het Donderdagoggend plaasgevind teen Midstream College en die Erries wen 2 ā 1. Die middag is kragte gemeet teen St Maryās waar EHS met 1 ā 0 wen.Ā Vrydagoggend het die laaste uitspeelwedstryd teen HoĆ«rskool Noordheuwel plaasgevind en die jong span het gemaklik gewen met 4 ā 1.
Die kwarteindronde is gespeel teen Afrikaans HoĆ«r Meisieskool en die Erries wen hierdie wedstryd 2 ā 0. Hierdie oorwinning verseker die Erries van ān plek in die top vier.
Saterdagoggend is die semi-finaal gespeel teen HoĆ«rskool Garsfontein.Ā In ān wedstryd waar die Erries gebiedsvoordeel geniet en net nie daarin kon slaag om ān doel te slaan nie, kom Garsfontein deur in die laaste twee minute en wen die wedstyd 1 ā 0. Die middag speel die span teen HoĆ«rskool Waterkloof en verloor 2 ā 1 in `n naelbytwedstyd.
HoĆ«rskool Ermelo se o/15A-span beklee die vierde plek in Noordvaal.Ā Baie geluk aan me. Linda Horn en haar span met die uitstaande prestasie en die veggees wat hierdie span getoon het. EHS is trots op elkeen van hulle!
Die HoĆ«rskool Ermelo Calstar eerstespan het aan die Noordvaaltoernooi deelgeneem by die Noordwes-Universiteit se astro in Potchefstroom. Hier het die Errie-span ook hard geveg en nie terug gestaan nie. Hul eerste uitspeelwedstryd vind plaas teen HoĆ«rskool Monument en die Erries wen 4 ā 2.Ā Die volgende wedstryd vind plaas teen HoĆ«rskool Waterkloof waar die Erries 3 ā 1 verloor.Ā In ān harde wedstyd teen HoĆ«rskool Gimnasium speel die spanne gelykop 2 ā 2.Ā Volgens die doelgemiddelde van die EHS gaan hierdie span nie deur na die kwarteindrondteĀ nie.
DiĆ© span het gewys dat die Erries altyd net hul beste gee en weier om te gaan lĆŖ.Ā Die Erries is tevrede en dankbaar vir ān bedrywige en goeie seisoen.