)

Erries spog met vierde plek in Noordvaal

O/15A-dogtershokkiespan
Voor vlnr:  Danel Olivier, Me. Linda Horn en Anzelle Vosloo

Middel vlnr:  Frané Swart, Deidre van der Meyden, Chloë van Wyngaardt, Sinethemba Nkosi, Aloné Arnoldi, Kayla van

der Meyden, Cara Snyman en Surika Struwig

Agter vlnr:  Caylin Loock, Jenna Oosthuizen, Monique Ferreira, Carla Ferreira, Abigale Boynton en Khensani Khumalo

Twee van Hoërskool Ermelo se dogters-hokkiespanne het op Donderdag, Vrydag en Saterdag, 8 tot 10 Augustus, kragte gemeet teen die beste spanne in Noordvaal.

Die o/15A-span het in Krugersdorp deelgeneem op Hoërskool Noordheuwel se astro.  Hierdie span het vir geen Makro-skool teruggestaan nie. Die eerste uitspeelwedstryd het Donderdagoggend plaasgevind teen Midstream College en die Erries wen 2 – 1. Die middag is kragte gemeet teen St Mary’s waar EHS met 1 – 0 wen.  Vrydagoggend het die laaste uitspeelwedstryd teen Hoërskool Noordheuwel plaasgevind en die jong span het gemaklik gewen met 4 – 1.

Die kwarteindronde is gespeel teen Afrikaans Hoër Meisieskool en die Erries wen hierdie wedstryd 2 – 0. Hierdie oorwinning verseker die Erries van ‘n plek in die top vier.

Saterdagoggend is die semi-finaal gespeel teen Hoërskool Garsfontein.  In ‘n wedstryd waar die Erries gebiedsvoordeel geniet en net nie daarin kon slaag om ‘n doel te slaan nie, kom Garsfontein deur in die laaste twee minute en wen die wedstyd 1 – 0. Die middag speel die span teen Hoërskool Waterkloof en verloor 2 – 1 in `n naelbytwedstyd.

Hoërskool Ermelo se o/15A-span beklee die vierde plek in Noordvaal.  Baie geluk aan me. Linda Horn en haar span met die uitstaande prestasie en die veggees wat hierdie span getoon het. EHS is trots op elkeen van hulle!

Die Hoërskool Ermelo Calstar eerstespan het aan die Noordvaaltoernooi deelgeneem by die Noordwes-Universiteit se astro in Potchefstroom. Hier het die Errie-span ook hard geveg en nie terug gestaan nie. Hul eerste uitspeelwedstryd vind plaas teen Hoërskool Monument en die Erries wen 4 – 2.  Die volgende wedstryd vind plaas teen Hoërskool Waterkloof waar die Erries 3 – 1 verloor.  In ‘n harde wedstyd teen Hoërskool Gimnasium speel die spanne gelykop 2 – 2.  Volgens die doelgemiddelde van die EHS gaan hierdie span nie deur na die kwarteindrondte  nie.

Dié span het gewys dat die Erries altyd net hul beste gee en weier om te gaan lê.  Die Erries is tevrede en dankbaar vir ‘n bedrywige en goeie seisoen.

Danel Olivier (links) en Surika Struwig (regs) in aksie by Noordvaal
Hoërskool-Ermelo-Calstar-eerstespan-dogtershokkie-besig-met-n-spanpraatjie

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal