)

EHS o/15A-rugby deur na Virseker Beker-semifnaal

Op Saterdag, 3 Augustus, het Hoërskool Ermelo se o/15A-rugbyspan teen Hoërskool Ben Viljoen te staan gekom in die kwartfinaal van die Virseker Beker-uitspele.

Die seuns het hard gespeel en ware Errie-trots gewys. Die wedstryd eindig met ‘n gelykoptelling van 15 punte elk. Omdat EHS die eerste drie gedruk het, is dié span deur na die semifinaal van die Virseker Beker. Dié vind in Potchefstroom plaas teen Potchefstroom Gimnasium.

Tiaan Grobler en Msizi Hlope druk elk een drie, terwyl Wian Swart een drie verdoel en een strafskop oorskop.

Baie geluk aan die seuns met hierdie oorwinning en alle sterkte met die semifinaal wat vir julle voorlê.

Hoërskool Ermelo se Isuzu eerste rugbyspan het ongelukkig vasgeval tydens hul wedstryd teen Hoërskool Wesvalia. Die Erries verloor met 15 punte teenoor 40. Mitchelson Mkwanazi en Johan Nel druk elk een drie en Walter Visser skop een strafskop en een doelskop oor.

Baie geluk aan hierdie seuns met ‘n pragtige seisoen en baie dankie aan elkeen van die leerders, onderwysers en ouers wat bygedra het tot die sukses van die Erries. Spesiale dank aan Estian Horn en Douw Joubert wat die span van 2019 afgerig het.

Jacques-Erlank-met-die-bal
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal