)

3 Ligbron rugbyspanne na Virseker Beker Kwartfinale

Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, se o/14A-, o/15A-, o/16A en eerste rugbyspanne het op Saterdag, 27 Julie aan die eerste Virseker Beker uitspeel wedstryde deelgeneem. Die o/14A’s het saam met die Calstar Group Eerstespan na Thabazimbi gereis waar hulle teen Hoërskool Frikkie Meyer te staan gekom het.

Die o/14’s het hulle wedstryd oortuigend met ‘n pragtige telling van 40-5 gewen.

Die Calstar Group Eerstespan het in ‘n ongelooflike spannende stryd gespeel met ‘n wedstryd wat die toeskouers behoorlik hul naels laat byt het. Met goeie uithouvermoë en ‘n wil om te wen het hulle die wa deur die drif getrek en die wedstryd met ‘n telling van 38-34 beklink.

Die o/16 Computer Connection span het na Ellisras gereis waar hulle teen Hoërskool Ellisras uitgedraf het.

Die Liggies het hulle harte uit gespeel en het hulle opponente op hulle tuisveld met ‘n telling van 26-10 geklop.

Die Nashua Highveld o/15A-span het op Ligbron se velde teen ‘n sterk span van Hoërskool Dinamika gespeel.

Na ‘n klipharde wedstryd, wat behoorlik wipplank gery het, het die Liggies die wedstryd met 12-15 verloor.

Die o/14A’s en die eerstespan sal albei op Saterdag, 3 Augustus, in die kwartfinaal van die Virseker Beker teen Midstream College op Midstream se velde speel en die o/16A’s sal teen HTS John Vorster op hulle tuisveld te staan kom in die kwartfinaal van die Virseker Beker. Baie sterkte aan hierdie drie spanne.

Foto: Hermanus Steenkamp in aksie tydens die Nashua Highveld o/15A’s se wedstryd teen Hoërskool Dinamika.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal