Hoërskool Ermelo is besonder trots op Rynard Herholdt en Alana Leibbrandt wat vir die finale Hoëveld-tennisspan (Interdistriktespan) gekies is.
Rynard is gekies as die nommer een speler vir die o/15-seuns en Alana is gekies as nommer ses vir die o/18-dogters.
Die spanne neem vanaf 23 tot 25 Augustus aan ‘n toernooi in Middelburg deel.
Baie geluk aan die twee Erries.
EHS is trots op beide van julle en wens elkeen alle voorspoed toe.