)

NHS verwelkom nuwe adjunkhoof

Hoërskool Nelspruit het op 1 Junie 2019 sy nuwe adjunkhoof, mnr. Bertus Steyn, verwelkom.

Mnr. Steyn is ‘n boorling van Gauteng en het aan Hoërskool Linden gematrikuleer. Hy voltooi sy studies en verwerf sy honeurs aan die Randse Afrikaanse Universiteit (UJ). Sy hoofvakke was Geografie, Omgewingsbestuur asook Ontwikkelingstudies. Na sy studies spandeer hy ‘n paar maande in Engeland en werk daar vir ‘n verdere 2 jaar voor hy sy MA graad in Geografiese Inligtingstelsels – analise en besluitneming aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Hy woon vir 13 jaar in Engeland waar hy vir onder andere Redden Court School werk.

“Hoogtepunte van my loopbaan is die leerskool van Engeland en die ervarings wat die land en skole daar vir my gebied het en die blootstelling aan tegnologie en die geleenthede om binne die onderwys te groei op bestuursvlak. Verder is daar ander dinge ook, hoewel baie meer sosiaal van aard, maar hoogtepunte nie te min, onder andere die maklike reis moontlikhede vanuit die middel van die wêreld. Ek mis beslis die vinnige internetspoed en betroubare posdiens van die Eerste Wêreld.”

Die laaste 7 jaar was hy en sy gesin gevestig in Middelburg en was hy die Departementshoof van Geografie en Dissipline- koördineerder van Hoërskool Middelburg. Bertus is ‘n “Blue Sky Thinker”. Hy hou daarvan om planne te maak en dit deur te voer. “Ek geniet die klaskamer en geografie: die wêreld rondom ons is lewend en eg – dis dinge wat jy kan sien en kan verstaan hoe dit gevorm het en hoekom dit daar is. Ek hou van kennis en geniet dit om dit toe te pas.”

Sy vrou Elsabé en hul twee kinders, Shawnte (4) en Teagen (3), sal in Desember by hom aansluit.

“Dit is vir ons ‘n ongelooflike voorreg en seëning om in die Laeveld te wees. Dit is iets waaroor ons baie gebid het en ons wil graag in God se wil leef. Dit was gelukkig nie moeilik om die besluit te neem om Laeveld toe te trek nie siende dat dit vir ons ‘n nuwe wêreld met nuwe uitdagings en geleenthede bied: “You can’t buy memories, you have to live them”.”

Die Nellies verwelkom die Steyn-gesin. Mnr. Steyn se positiewe gesindheid en entoesiasme sal beslis n aanwins vir NHS wees.

Foto: Mnr. Bertus Steyn en mnr. Johan Hattingh (Hoof)

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal