)

Ligbron A-netbalspanne by Mpumalanga Kampioenskappe

Die A-netbalspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Vrydag en Saterdag, 31 Mei en 1 Junie, aan die Mpumalanga Kampioenskappe deelgeneem wat in Witrivier plaasgevind het.

Ligbron se spanne het ongelooflike karakter gewys teen uiters kompeterende en sterk spanne. Drie van die vier Liggie-spanne het as medaljewenners uit die stryd getree.

Die eerstespan het verseker ‘n opskudding veroorsaak tydens hulle uitspeel wedstryde. In die afgelope seisoen het die eerstespan 12 wedstryde gespeel waarvan hulle slegs een verloor het.

Om dit alles te kroon, het hulle ook as die naaswenners in Mpumalanga in die Cup Division geëindig.

Hulle het die volgende tellings tydens die uitspele behaal:

• wen Hoërskool Rob Ferreira met 34-11,
• wen HTS Witbank met 20-15,
• wen Hoërskool Secunda met 28-12,
• wen Hoërskool Piet Retief met 39-26 en
• wen Hoërskool Genl. Hertzog met 28-25.

Die eerstespan dring sodoende deur na die Mpumalanga finaal waar hulle met 12-34 teen HTS Middelburg verloor. Hulle ontvang die silwer medaljes en eindig 2de in Mpumalanga. Ligbron se eerste netbalspan dring deur na die SA Top School Championships wat in Julie sal plaasvind.

Die res van die netbalspanne se uitslae is soos volg:

• o/14A wen 11-9 teen Hoërskool Rob Ferreira,
• wen 17-7 teen Emtfojeni,
• verloor 7-16 teen Hoërskool Middelburg,
• verloor 9-16 teen Hoërskool Secunda,
• verloor 12-16 teen HTS Middelburg en
• wen 11-9 teen Curro Nelspruit.

Die o/14A’s wen die brons medalje in die plaat-afdeling en eindig 7de in Mpumalanga.

• Die o/16A’s wen 12-10 teen Curro Nelspruit,
• wen 13-11 teen Hoërskool Rob Ferreira, verloor 11-18 teen HTS Middelburg,
• verloor 10-19 teen Hoërskool Secunda,
• verloor 14 -20 teen Hoërskool Nelspruit en
• wen 12-7 teen Hoërskool Hoogenhout.

Die o/16A’s wen die brons medalje in die plaat-afdeling en eindig 7de in Mpumalanga.

• Die o/17A’s verloor 2-13 teen HTS Middelburg,
• wen 17-3 teen Ngodini,
• wen 12-8 teen Hoërskool Rob Ferreira,
• wen 9-6 teen Hoërskool Genl. Hertzog,
• verloor 1-11 teen Hoërskool Nelspruit en
• verloor 4-9 teen Hoërskool Middelburg.

Die o/17A’s eindig 4de in Mpumalanga.

Foto bo: 1ste Netbalspan

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal