)

Ligbron en HGH sê mekaar die stryd aan

Die hokkie-, netbal- en rugbyspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 6 April, tuis teen die spanne van Hoërskool Genl. Hertzog te staan gekom.

Hierdie wedstryde vorm deel van die Superreeks waarin Ligbron deelneem. Ligbron se rugbyspanne het vir niks terug gestaan nie en het al hulle wedstryde oortuigend beklink.

Die rugbyspanne se uitslae is soos volg:

Die Calstar Group eerstespan wen 45-11, die tweedespan wen 26-5, die Computer Connection o/16A’s wen 85-3, die Nashua Highveld o/15A’s wen 45-3 en die o/14A’s wen 64-0. Die netbalspanne het ook ‘n goeie dag beleef ten spyte van die koue weersomstandighede. Hulle uitslae is soos volg: die eerstespan wen 34-18, tweedespan wen 15-3, o/17’s wen 12-10, o/16A wen 19-8, o/16B wen 8-1, o/15A verloor 8-13, o/15B verloor 3-6, o/14A wen 10-6 en die o/14B’s verloor 4-11.

Ligbron se seuns- en dogtershokkiespanne het gemengde welslae vir die dag opgelewer met die volgende uitslae: eerste seunspan speel gelykop 3 elk, eerste dogtersspan wen 4-1, tweede seunspan verloor o-3, tweede dogtersspan verloor 1-2, o/16 seunspan verloor 1-2, o/16 dogtersspan wen 4-2, o/15 dogtersspan verloor 0-1, o/14 seunspan wen 2-1 en die o/14 dogtersspan wen 3-0. Baie geluk aan al die spanne met julle pragtige uitslae.

Ligbron en Hoërskool Ermelo sal op Woensdag, 17 April op Ligbron se tuisveld teen mekaar te staan kom as deel van hul liga wedstryde. Die Superreeks finale sal op Saterdag, 27 April in Pretoria op Hoërskool Wilgers se velde plaasvind.

Foto bo: Zené Jonker (1ste dogters hokkie)

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal