Hoƫrskool Nelspruit was gasheer die eerste wintersportbyeenkoms van die seisoen. Na afloop van die Super Interhoƫr op 27 Februarie, is die meeste van die Nellie-atlete
se atletiekseisoen verby en is die fokus nou gerig op die wintersport. Afrigters het gedurende die eerste vriendskaplike wintersportbyeenkoms op 9 Maart teen Hoƫrskool
Monument die geleentheid gekry om nog aan hul spanseleksie vir die seisoen te werk.
Beide skole het die wedstryde as proewe beskou en verskeie spelers het die geleentheid gekry om in verskillende posisies te speel. Alhoewel Monument se rugbyspanne baie sterk
vertoon het, was dit die Nellie netbal- en hokkiespanne wat hul staal gewys het teen die opponente. Al die wedstryde is in goeie gees gespeel en die afrigters het waardevolle inligting
om te skaaf aan hulle voorbereiding vir die seisoen wat voorlĆŖ, bekom.
Die Nellies maak hul nou reg vir opkomende toere die vakansie en sien uit na die wintersportseisoen in die tweede kwartaal. Baie dankie vir Citybug wat die dag geborg het.
Foto bo: SunĆØ du Preez
Fotoās: Hennie Homann