Bekende oud-Erries, wat almal deel is van die Puma-afrigtingspan, nl. Jimmy Stonehouse, MJ Mentz en Corné Steenkamp, het op Woensdag 30 Januarie hul afrigtingsvernuf met die Erries kom deel.
Die EHS-seuns en –afrigters het baie hard gewerk, lekker rugby gespeel en baie geleer by dié drie manne.
Baie dankie aan Jimmy, MJ en Corné vir die tyd wat hulle aan die Erries kom afstaan het en die wysheid wat hul met die seuns kom deel het. EHS waardeer julle!
(Foto bo:) Voor vlnr: Mnr. Lourie du Plooy, Mnr. Stephan van Dyk, Mnr. André du Preez en Mnr. Herman Labuschagne.
Agter vlnr: Mnr. Pieter Grobler, Mnr. Quiniso Habile, Mnr. Estian Horn, Mnr Douw Joubert, Mnr. MJ Mentz, Mnr, André McLaren, Mnr. Faans van der Merwe, Mnr. Jimmy Stonehouse en Mnr. Cornè Steenkamp.
Die groep seuns en EHS-afrigters saam met die Puma-afrigters