)

Erries word vereer vir Akademiese prestasies

Op Maandag, 21 Januarie, het Hoërskool Ermelo die jaarlikse Akademiese Prysuitdeling aangebied op grond van die akademise prestasies wat behaal is deur die loop van 2018.

Dit is altyd ‘n praggeleentheid waar die leerders die nodige erkenning ontvang vir hulle harde werk op akademiese vlak.

Hier volg van die pryse wat toegeken is:

– Jolindi Annandale ontvang die Hoëveld Tribune Wisseltrofee vir beste Prestasie in Kuns en Kultuur, gr. 9 (91%).
– Charis Brundyn ontvang die ABSA Wisseltrofee vir beste prestasie in Wiskunde en
Rekeningkunde, gr. 10. (Wisk. – 76% & Rek. – 95%).
– Nicole Venter ontvang die IM Bekker Wisseltrofee vir beste prestasie in Wiskunde, gr. 11 (90%).
– Niël Pretorius ontvang die Pfizer Wisseltrofee vir beste prestasie in Landbouwetenskap, gr.11 (80%).
– Lana Herholdt ontvang die Karisha Jordan-Boekprys vir beste sport- en akademieleerder
van graad 8 tot 12.
Jané Willemse, Daniel van der Merwe, Hanné Swart, Clariz Olivier, Leané von Wielligh en Nicole Venter ontvang elk ‘n EHS-medalje vir sewe of meer A-simbole behaal in graad 11: Daniel behaal agt en Nicole, Leané, Hanné, Claris en Jané behaal elk sewe.

Die Dux-leerders vir die verskeie grade is as volg:
Dirk Maritz en Danel Olivier – graad 8 met ‘n gemiddeld van 88.88%
Anke de Kock– graad 9 met ‘n gemiddeld van 92.22%
Charis Brundyn– graad 10 met ‘n gemiddeld van 88.9% en
Nicole Venter– graad 11 met ‘n gemiddeld van 89.77%

Die EHS se Top Tien is ook aangewys tydens die uitsonderlike geleentheid.

Hier volg die onderskeie grade se Top Tien, genoem in die volgorde vanaf nommer een tot nommer tien:

Graad 8 (2018): Dirk Maritz en Danel Olivier deel eerste plek (88.88%), Elandri Swart (88.11%), Lood Geldenhuys (88.09%), Carla Ferreira (87.91%), Jenna Oosthuizen (86.41%), Sphesihle Maseko (85.92%), Dewald Olivier (85.35%), Ilandri Nel (84.72%) en Tobie Leibbrandt (83.83%)
Graad 9 (2018): Anke de Kock (92.22%), Lana Herholdt (91.53%), Margha Greyling (91.00%), Michaela van Rensburg (89.19%), Jolindi Annandale (84.21%), Chané Bester (83.44%), Timon Brundyn (82.09%), GJ Swanepoel (82.07%), Lolerei Güse (81.83%) en Chantelle Swart (81.06%).
Graad 10 (2018): Charis Brundyn (88.90%), Zara Büchling (84.90%), Jana Nel (81.23%), Alana Leibbrandt (80.16%), Simoné Beyer (78.28%), Presious Matshaya (76.70%), André Strauss (76.15%), Amy Greyling (75.02%), Vosjan Grey (72.17%) en Charles Randell (71.34%).
Graad 11 (2018): Nicole Venter (89.77%), Daniel van der Merwe (89.61%), Leané von Wielligh (88.94%), Hanné Swart (88.14%), Clariz Olivier (86.10%), Jané Willemse (85.93%), Yonette Fourie (84.16%), Walter Visser (83.97%), Marla Oosthuizen (83.83%) en Klarissa Joubert (83.69%).
Baie geluk aan elke leerder wat presteer het tydens 2018. Ons sien uit na wat julle gaan bereik op akademiese vlak in 2019.

EHS is trots op elkeen!

Foto bo: Nicole Venter (gr. 11 2018: Dux-leerder)

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal