)

Ligbron het beste akademiese prestasies in die Gert Sibande Distrik

Tydens die onlangse Gert Sibande Streek Prysuitdelingsfunksie wat op Vrydag, 18 Januarie, plaasgevind het is Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo aangewys as die skool met die beste Akademiese prestasies in die Gert Sibande Distrik. Ligbron het vir hierdie toekenning ‘n pragtige glas trofee en sertifikaat ontvang.

Ligbron is ook die enigste skool in die distrik met ‘n 100% slaagsyfer en ontvang ook hiervoor ‘n trofee en sertifikaat. Me. Lenie van Zyl en me. Elsa van Zyl het die toekenning ontvang vir die beste Wiskunde onderwysers in die streek en daarvoor het hulle ‘n sertifikaat en ’n trofee ontvang.

Verder spog Ligbron ook met die volgende toekennings: Mandisa Motha, Ligbron se hoofdogter van 2018 is aangewys as die beste leerder in Besigheidstudies met ‘n punt van 282 uit 300 en daarvoor het sy ‘n trofee, sertifikaat en sak geborg deur Sasol ontvang. Mandisa is ook onder die top 10 beste presteerders van Gert Sibande en daarvoor het sy ‘n trofee, sertifikaat, Tablet en ‘n stel tasse ontvang.

Nog ‘n Liggie, Edward Jacobs, is aangewys as die beste Wiskunde leerder wat spog met ‘n punt van 288 uit 300 vir die onlangse eindeksamen. Hy ontvang ‘n trofee, sertifikaat en R10 000 geborg deur Sasol vir sy prestasie. Hierdie is beslis prestasies waarop Ligbron baie trots is. Ligbron bedank ook elke onderwyser wat daartoe bygedra het om hierdie prestasies moontlik te maak.

Foto bo: Me. Elsa van Zyl en me. Lenie van Zyl wat die toekenning ontvang het vir die beste onderwysers in Wiskunde, tydens die onlangse Gert Sibande Streek Prysuitdeling, saam met mnr. Dup van Rensburg (skoolhoof).

Foto Links: Me. Lenie van Zyl (Adjunkhoof Akademie) en mnr. Dup van Rensburg (skoolhoof) met die pragtige glas trofee wat die Liggies ontvang het vir die skool met die Beste Akademiese Prestasies in die Gert Sibande Distrik.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal