Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het die heel eerste Dup van Rensburg Uitnodigingsbyeenkoms op Saterdag, 19 Januarie op Ligbron se gronde aangebied.
Hierdie was die eerste van vele Dup van Rensburg byeenkomste wat nog aangebied sal word. Die dag was ‘n reuse sukses en die Liggies het besondere goeie prestasies vir die dag opgelewer.
Die deelnemende skole was Ligbron, Hoërskool Lydenburg, Pongola Akademie en Hoërskool Delmas. Die dag het in ‘n baie goeie gees plaasgevind en al die deelnemende atlete het vir goeie kompeterende atletiek gesorg.
Die volgende Liggies het na afloop van die dag trofeë ontvang vir hulle uitstekende prestasie:
Carla Niebuhr is aangewys as die Senior Victrix Ludorum; Landulwazi Nkosi is aangewys as die Junior Victor Ludorum; Kwanele Nkambule is aangewys as die beste Senior Seuns Baan-atleet; Landulwazi Nkosi is aangewys as die beste Junior Seuns Veld-atleet; Jandri Coetzee is aangewys as die beste Senior Dogter Veld-atleet en Sias Jacobs is aangewys as die beste Senior Seuns Veld-atleet.
Foto bo: Jandri Coetzee