)

Ligbron bied eerste Dup van Rensburg Uitnodigingsbyeenkoms aan

Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het die heel eerste Dup van Rensburg Uitnodigingsbyeenkoms op Saterdag, 19 Januarie op Ligbron se gronde aangebied.

Hierdie was die eerste van vele Dup van Rensburg byeenkomste wat nog aangebied sal word. Die dag was ‘n reuse sukses en die Liggies het besondere goeie prestasies vir die dag opgelewer.

Die deelnemende skole was Ligbron, Hoërskool Lydenburg, Pongola Akademie en Hoërskool Delmas. Die dag het in ‘n baie goeie gees plaasgevind en al die deelnemende atlete het vir goeie kompeterende atletiek gesorg.

Die volgende Liggies het na afloop van die dag trofeë ontvang vir hulle uitstekende prestasie:

Carla Niebuhr is aangewys as die Senior Victrix Ludorum; Landulwazi Nkosi is aangewys as die Junior Victor Ludorum; Kwanele Nkambule is aangewys as die beste Senior Seuns Baan-atleet; Landulwazi Nkosi is aangewys as die beste Junior Seuns Veld-atleet; Jandri Coetzee is aangewys as die beste Senior Dogter Veld-atleet en Sias Jacobs is aangewys as die beste Senior Seuns Veld-atleet.

Foto bo: Jandri Coetzee

 

Leon du Preez
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal