Die nuwe Graad 8 leerders, beter bekend as die “Wurms” van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo het al op die eerste dag van skool gesien hoe dinge by Ligbron werk. Hulle is vriendelik verwelkom en die Liggie-gees het hulle sommer dadelik op hulle gemak gestel.
Vinnig is nuwe maats aan mekaar voorgestel en het die VLR die graad 8’s betrek vir hulle rowwe, tog opwindende, program wat op hulle gewag het. Die Graad 8 leerders het van dag een af met hope entoesiasme die aktiwiteit wat vir hulle beplan is met oorgawe aan gepak.
Ligbron is trots op elke nuwe Graad 8 leerder wat by ons aangesluit het en sien uit om vir die volgende vyf jaar ‘n pad saam met elkeen te stap.
Fotos: Die opgewonde 2019 Graad 8 groep wat vanjaar by Ligbron aangesluit het.