)

Nellies-atlete tree sterk in Noordwes na vore

Na die vorige week se strawwe kompetisie in Limpopo, het Hoërskool Nelspruit se atletiekspan ‘n nog steiler berg aangedurf toe die atlete aan die jaarlikse Top 30-byeenkoms te Potchefstroom gaan deelneem het. Meer as 50 skole was in aksie, met die gevolg dat selfs ‘n plek onder die top 10 in elke item, ‘n groot prestasie was.

Dit was weereens Laerskool Nelspruit se twee puik atletieksterre, Ashley Erasmus en Shenise de Clerk, wat met wonderbaarlike vertonings vorendag gekom het. Ashley is as Junior Victrix Ludorum en beste veldatleet onder die meisies, aangewys. Dit was veral haar ongelooflike 40,28m (voltal van 1200 ABSA-punte) in die skyfwerp (m.14) wat die oë laat rek het.

Daarmee het sy die eerste Nelspruit-dogter in die geskiedenis geword wat die 1kg-skyf verder as 40m (in ‘n amptelike kompetisie) kon laat grondvat het! Shenise het ‘n indrukwekkende eersteplek (goud) in hoogspring behaal, toe sy op ‘n prag-hoogte van 1,55m (ook m.14) oor die dwarslat geseil het.

Nelspruit eindig uiteindelik in die 13e plek, met die seuns wat hierdie keer pragtig verbeter het deur 24,913 punte op te stapel. Die meisies het 23,849 punte behaal. Die beste seunsatleet was kragman Douw Kruger (s.16) wat ‘n volle 1041 punte vir sy reuse poging van 17,23m (gewigstoot) aangeteken het.

Die volgende atlete het met meer as 900 ABSA-punte uitgeblink (posisies onder die eerste 10 plekke, word in hakies aangetoon):

Henko de Nyschen, s.o/16: 200m – 23.07 sek. [930 punte]; Luthando Mabuza, s.o/15: 800m – 2:04.63 [941]; Jaytee Boers, s.o/17: 800m – 1:56.38 [982] (6de); Handré van der Merwe, s.o/14: 300m hekkies – 40.88 sek. [932] (3de); Devon Nell, s.o/17: 400m hekkies – 54.47 sek. [910] (3de); Michiel Brink, s.o/1414: hoogspring – 1,70m [959]; Frederick Nel, s.o/15: gewigstoot – 16,01m [962] (8ste); Douw Kruger, s.o/16: gewigstoot – ,23m[1041] (2de) asook skyfwerp – 48,60m [953] (3de); Quinn van Zyl, s.15: skyfwerp – 47,50m [933] (9de); Jade Swanepoel, s.o/15: hoogspring – 1,75m [907]; Rhodé Nel, m.o/15: 200m – 26.08 sek. [900] (7de); Shenise de Clerk, m.o/14: hoogspring – 1,55m [955] (1ste) asook verspring – 5,22m [979] 2e); Ashley Erasmus, m.o/14: skyfwerp – 40,28m [1200] (1ste) asook gewigstoot – 13,75m [1037] (2de).

‘n Groot groep het meer as 800 punte verwerf – ook ‘n pragtige prestasie! Hulle is:

Wikus van Biljon, s.o/14: 200m – 25.54 sek. [805] asook 400m – 54.58 sek. [855]; Xolani Mazibuko, s.o/17: 200m – 23.15 sek. [827]; Jaytee Boers, s.o/17: 400m – 51.16 sek. [832]; Luan Steyn, s.14: 800m – 2:13.70 [826]; Attie Smit, s.o/16: 800m – 2:04.50 [853]; Handré vd Merwe, s.o/14: 100m hekkies – 14.68 sek. [884]; Philip Vogel, s.o/14: hoogspring – 1,60m [865] asook skyfwerp – 37,08m [815]; Frederick Nel, s.o/15: skyfwerp – 45,78m [889]; Larise Combrink, m.o/14: verspring – 4,97m [899] asook 100m – 13.08 sek. [876] (8ste); Nicci Viljoen, m.o/15: 300m hekkies – 47.04 sek. [820] (4de); Inge Meyer, m.o/15: verspring – 5,03m [868] asook driesprong – 10,43m [809]; Shana Scott, m.o/15: skyfwerp – 33,18m [885] asook 4x100m aflos, m.o/15: 50.63 sek. [899] (5de),

Nog ‘n paar blink vertonings wat beslis melding verdien, sluit in:

Suzaan Nel, m.o/16: 100m – 13.37 sek.; ook 200m – 27.38 sek.; Nicolize Aucamp, m.o/16: 200m – 28.03 sek.; Lallie Grobler, m.14: 400m – 63.66 sek.; Kristen Berry, m.o/14: 800m – 2:33.52; ook 1500m – 5:26.90; Jessica Berry, m.o/17: 800m – 2:23.45 6de); Mila de Villiers, m.16: 1500m – 5:22.23 asook 3000m – 11:54.16’; Berna Kok, m.o/14: 3000m – 12:10.10; Lané Taljaard, m.o/15: 90m hekkies – 15.19 sek.; Lallie Grobler, m.14: 300m hekkies – 49.62 sek.; Shana Scott, m.o/15: gewigstoot – 11,02m (9de); Danika Meiring, m.o/16: gewigstoot – 11,25m; ook spiesgooi – 30,28m; Dané Bruwer, m.17: skyfwerp – 29,00m; Sylvia Barnard, m.0/14: spiesgooi – 24,76m; Christine Kruger, m.o/16: spiesgooi – 30,33m; Xolani Mazibuko, s.17: 100m – 11.52 sek.; Luan Steyn, s.o/14: 1500m – 4:44.50; Andreas van Heerden, s.o/17: 1500m – 4:30.80; Matthys Wessels, s./17: 1500m – 4:31.89; Devon Nell, s./17: 110m hekkies – 15.02 sek.; Quinn van Zyl, s.o/15: gewigstoot – 11,98m; Coben Putter, s.o/16: gewigstoot – 12,38m; ook skyfwerp – 39,92m; Stefan Otto, s.o/14: skyfwerp – 34,55m.

Met talle atlete wat op hierdie vroeë stadium reeds vir vuurwerke sorg, is die verwagtinge hoog dat 2019 ‘n geil atletiekjaar vir NHS gaan wees!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal