)

Tennisspeler van Laerskool Nelspruit in SA o/13 tennisspan

Arili Boshoff van Laerskool Nelspruit is tydens die SA Tennis Skoleweek gekies om Suid Afrika se 0/13 Tennis Skolespan in Amerika te gaan verteenwoordig. Die SA Skolespan bestaan uit 8 seuns en 8 dogters.

Hulle het op 18 Augustus vertrek na New Orleans waar die span by Abrie Du Plooy se Tennis-akademie aangesluit het. Hulle het daar die fantastiese geleentheid gehad om saam met die room van Amerika te oefen en selfs 2 toernooie teen hulle te speel. Daar het Arili al haar wedstryde gewen en gewys sy hoef vir niemand terug te staan nie.

Hulle is ook vergesel met ‘n toer deur die Universiteite van New Orleans en Tulane. Daarna het hulle na New York gevlieg waar hulle vir twee dae die uitsonderlike ervaring gehad het om die US Ope te kyk en selfs van die top spelers van nader te leer ken.

” Selfies ” is geneem saam met Madison Keys en hulle was ook saam met Angelique Kerber in die perskonferensie kamer!

Ons is baie trots op jou Arili, jy is ‘n trotse produk van Laerskool Nelspruit.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal