Ligbron Akademie vir Tegnologie se 1ste meisies krieketspan het op Woensdag, 5 September teen Hoƫrskool Ermelo se eerstespan op EHS se velde gespeel. Ligbron wen die loting en stuur EHS in om eerste te kolf. EHS teken 85 lopies aan.
Ligbron neem daarna die kolf op en gaan EHS se telling in die 10de boulbeurt verby. IlenƩ van der Walt word aangewys as die speler van die wedstryd nadat sy 3 paaltjies geneem het en 34 lopies (nie uit nie) aangeteken het. Ligbron wen die wedstryd met 6 paaltjies.
(Foto bo:) Voor sit (v.l.n.r.): Jacolien du Preez, Carla Niebuhr en Jelain Austin.
In die middel staan (v.l.n.r.): Lalique Broxham en IlenƩ van der Walt.
Agter staan (v.l.n.r.): Amanda Turner, HannƩ Stevens, Mikyla le Roux, Marezelle Kriek, LeonƩ Bakker en Boitumelo Mathabata.
Become a Sponsor









