Die Nellies het gister ‘n verskil gemaak tydens die o/12-wedstryd teen Bushbuckridge Primary. Baie van hierdie spelers se omstandighede is moeilik en het nie noodwendig die regte skoene, klere of toerusting nie.
Wat ‘n voorreg was dit nie vir die Nellies om ‘n verskil te kon maak nie? Na een “WhatsApp boodskap“ het die o/12-krieketseuns en hul ouers werklik ingespring en gehelp. Na afloop van die wedstryd het die hele Bushbuckridge span die regte broeke en skoene gekry!
Die spannetjie kon ook teruggaan met ses bykomende kolwe, drie helms en klompie oefenballe!
Nellies – die regte skool vir al die regte redes!
Saam maak ons ‘n verskil, dankie Nellies!!