Op Maandag, 20 Augustus, het HoĆ«rskool Ermelo se o/14A-krieketspan teen HoĆ«rskool Oosterland gespeel. Die Erries wen nog ān wedstryd!
HoĆ«rskool Oosterland het eerste gekolf en hulle is almal uit vir 18 lopies. Die Erries wat uitgestaan het, was Tobie Leibbrandt wat vyf paaltjies geneem het met ān driekuns, terwyl Tiaan Grobler en Wian Swart elk twee paaltjies geneem het en Gedeon Boersema een paaltjie.
Die Erries wen die stryd met tien paaltjies!
Op dieselfe dag kom EHS se o/14B-krieketspan te staan teen Hoƫrskool Standerton. Standerton het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die Erries het goed begin en het daarin geslaag om Standerton te beperk tot 118 vir ses in 20 beurte. Boulers wat uitgestaan het, was Frikkie de Winnaar met 11 vir twee in vier beurte en Carlo da Silva met 6 vir twee in vier beurte.
Met 119 lopies nodig om te wen, het die Erries se kolwers hulle goed van hulle taak gekwyt en bereik die telling in die sestiende beurt met vyf paaltjies plat. Die kolwer wat uit geblink het, was Warwick Mauer met 71 lopies van 48 balle.
Op Woensdag 23 Augustus het EHS se dogterskrieketspan teen Hoƫrskool Oosterland te staan gekom.
EHS wen die loot en boul eerste. Baie goeie kolfwerk deur Oosterland stel hulle in staat om 157 lopies aan te teken. EHS se beste bouler is Anke Kruger met 2 paaltjies vir 16 lopies in haar 4 beurte. EHS gaan kolf en veg tot die einde met al die kolwers wat ‘n bydrae lewer. Hulle teken 141 lopies aan met die beste kolwer Ronel Jacobs wat 23 lopies aanteken. Oosterland wen diĆ© wedstryd met 16 lopies.
Die o/14B-krieketspan van die Erries speel hul tweede wedstryd vir die week op Donderdag 23 Augustus teen HoĆ«rskool Oosterland.Ā Die Erries het die loot gewen en kolf eerste.
Na ān wankelrige begin, het die kolwers goed teruggeveg en daarin geslaag om 104 lopies aan te teken.Tydens EHS se boulbeurt het die boulers vanuit die staanspoor baie goed gespeel en aanhoudend druk op die kolwers geplaas. HoĆ«rskool Oosterland kon slegs daarin slaag om 94/4 in hulle 20 beurte aan te teken.
Die boulers wat uitgestaan het, is Carlo da Silva met 20/3 in vier beurte en Siya Luvuno met 7/1 in drie beurte. Die Erries wen die wedstryd teen HoĆ«rskool Oosterland met 10 lopies.Ā EHS se tweede krieketspan speel ook op Donderdag teen HoĆ«rskool Piet Retief.
Die Erries wen die loot en stuur Piet Retief in om eerste te kolf. ān Paar vroeĆ« paaltjies sit Piet Retief onder druk, maar hulle eindig goed met ān telling van 158/6. Eben Jonker het uitgeblink met drie paaltjies wat hy in sy vier boulbeurte gevat het.
Die Erries kolf op hul beurt goed, maar verloor spoedig die paaltjies deur goeie boulwerk deur Piet Retief en reƫnerige, bewolkte omstandighede wat geheers het. Die Erries eindig hul 20 boulbeurte op 130/9. Stefan Potgieter blink uit as kolwer met 41 lopies in 28 balle wat hy aanteken.
Baie geluk aan die spanne wat presteer het en goeie krieket gespeel het.
Foto links: Ronel Jacobs in aksie
Foto bo heel bo: o/14B-krieketspan
Voor lĆŖ (vlnr): Eben Broekman, Richardt Huber en Christiaan Wege
Middel (vlnr): Edrich Beyer, Warwick Mauer en Dirk Maritz
Agter (vlnr): Christian Venter, Carlo da silva, Mnr. Eben Jonker, Frikkie de Winnaar, Thobekani Mbokane, Siya Luvuno