Vir die afgelope vier jaar neem die Hoƫrskool Ermelo deel aan die Kunskompetisie wat deur die Departement van Onderwys geloods word.
Elke jaar het ān tema waarvolgens die leerders beoordeel word. 2018 se tema was āBoxed Beautifulā en leerders moes kunswerke skep deur ān boks as medium te gebruik. Verskeie skole neem jaarliks deel en die werke word deur ān paneel van die Departement beoordeel.
Op Dinsdag 21 Augustus woon die EHS-kunsleerders die prysuitdeling en uitstalling van die werk by te Mbombela Kunsgalery in Nelspruit.
Die Erries presteer uitstekend en ses van EHS se leerders eindig onder die Top 20 in Mpumalanga. Die graad 11-leerders is Baruch BĆ¼chling en Anja Hobbs. In graad 12 is dit VandrĆ© Swart, Liezl Roos, Sorita Holtshauzen en Leandri Stoltz.
Die EHS is trots op hierdie leerders en hul onderwyser, me. Carin van der Merwe, wat hul Godgegewe talent blink vryf.
Voor (vlnr): Anja Hobbs, Leandri Stoltz en Liezl Roos
Agter (vlnr): VandrĆ© Swart, Sorita Holtahausen en Baruch BĆ¼chling