)

Hoërskool Nelspruit bied spesiale winterskool aan vir leerders van SACTWU-lede

Hoërskool Nelspruit het onlangs vir die tweede jaar in ‘n ry, in samewerking met SACTWU (Southern African Clothing and Textile Workers’ Union), ‘n projek geloods om ‘n winterskool aan te bied vir SACTWU-lede se graad 12-kinders.

Die winterskool is van 2-6 Julie in 6 vakke (soos deur SACTWU geïdentifiseer) aangebied. Die vakke het ingesluit Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid, English FAL, Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe en Landbouwetenskappe.

Daar is ‘n totaal van sewe ervare graad 12-opvoeders ingespan om die klasse aan te bied. Nege-en-dertig leerders het deel gevorm van die winterskool. Daar is daagliks van 08:30 tot 15:00 kliphard gewerk. Die leerders het darem ook ruskans gekry tussen klasse en hulle is vir die duur van die week middagete voorsien.

Volgens adjunkhoof, mnr. Willie van der Merwe, is die doel van die winterskool om afronding en inskerping te doen van reeds bekende kennis. “Daar is gefokus op eksamenvoorbereiding met die oog op die komende rekord- en eindeksamens,” sê hy.

“Deur hierdie inisiatief steek Hoërskool Nelspruit hande uit na die gemeenskap om veral op onderwysgebied ook ‘n verskil te maak in leerders (en die gemeenskap) se lewens.”

Hierdie is maar een van vele projekte waarmee Hoërskool Nelspruit bemoeienis maak met veral onderpresterende skole in ‘n poging om sulke skole in suksesverhale te help omskep.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal