Met groot lekkerkry het Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo die voorreg geniet om oudergewoonte aan die ATKV Tienertoneelkompetisie deel te neem.
Dit is die 54ste jaar wat skole van regoor Suid Afrika leerders en onderwysers se talent ten toon stel en gehore vermaak. Die Liggies het aan die streeksfees deelgeneem met die stuk ‘Per Pos’. Dit is ‘n lawwe, tienerkomedie waarin een ou, twee briewe, gelyktydig vir twee meisies stuur om hulle op te chat, en ja, hy word uitgevang.
Jannes van Staden, wat die hoofrol vertolk het, het ‘n brons sertifikaat ontvang vir toneelspel en Chené Viviers het silwer ontvang vir haar werk as verhoogbestuurder agter die skerms. Mnr. Pohl wat die Regie behartig het, het vir een van sy tekste wat vanjaar deur ‘n ander skool opgevoer is ook ‘n brons sertifikaat ontvang. Die Liggies sien uit na volgende jaar om te kyk wat die verhoogligte dan gaan opdis.
(Foto bo) Voor lê Jannes van Standen met Carna Bruwer, Sophia Gilomee, Stephanie Grobleaar, Nicole Saaiman en Alec Duncan wat in die middle kniel. Agter staan (v.l.n.r.): Wijoen Moster, Jané Bosman, Simone Stapelberg, Mnr. Gustav Pohl, Clarissa van Zyl, Marezel Kriek, Rochelle Smith, Chené Viviers en Wihan Roets.