Hoërskool Nelspruit se gr.9 verteenwoordigende leerderraad het Saterdag 28 Julie gaan hand bysit as deel van ‘n uitreikprojek by Pro Gratia-skool.
Die leerders het ‘n sisteem met watertenk en geute by die skool geïnstalleer om water op te vang en te voorsien aan die tuine van die skool. Die skool bied ‘n tuinboukursus vir leerders aan, maar het verskeie uitdagings met toegang tot water.
Dit bemoeilik die aanbied van die kursus aangesien die plante nie kan groei nie. Met die nuwe 5000 liter tenk sal daar in die komende maande genoeg water opgevang word vir die plantegroei en die leerders om die beurt geleentheid gee om hul vaardighede te ontwikkel.