)

Ligbron o/15A en Eerste krieketspanne geniet toer

Die o/15A en Eerste seuns krieketspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het die afgelope skoolvakansie die Jaru krieketweek wat vanaf 4 tot 7 Julie te Brits plaasgevind het bygewoon.  Op die eerste dag het hulle ‘n 50-boulbeurt wedstryd teen Waterkloof se o/14A’s gespeel.  Hulle verloor die loting en het eerste die kolf opgeneem waar Waterkloof 293 lopies (almal uit) in die 45ste boulbeurt aangeteken het.  Die Liggies kolf en teken 93 aan.  Dag twee kom die Liggies teen Potch Volkies te staan.  Ligbron wen die loting en besluit om eerste te boul. Volkies teken 163 lopies in 30 boulbeurte aan. Ligbron kolf en slaan 166 lopies in 27 boulbeurte.  Die Liggies wen met 6 paaltjies.  Sias Jacobs teken 55 lopies aan en Weldon Strydom  teken 58 lopies (nie uit nie) aan.  Tydens die tweede dag se middag-wedstryd kom die Liggies teen Waterkloof se o/15B’s te staan.  Ligbron verloor die loting en neem eerste die kolf op en teken 146 lopies aan. JP Austin teken 44 lopies aan en Jacques van Nieuwenhuizen teken 41 lopies aan. Die liggies boul en verloor die wedstryd met 2 paaltjies.  Die Eerste seuns krieketspan het hulle eerste wedstryd teen Hoërskool Swartskop eerstes gespeel. Ligbron wen die loot en besluit om eerste te boul.  Die opponente teken 211 lopies in 48 boulbeurte aan. Mark Niebuhr was die beste bouler met 3 paaltjies vir 42 lopies in 10 boulbeurte.  Ligbron neem die kolf op en word almal uitgeboul vir 81 lopies. Hulle verloor die wedstryd met 130 lopies.  Ligbron speel in hul tweede wedstryd teen Hoërskool Bergvlam in ‘n 30 boulbeurt wedstryd.  Die Liggies kolf eerste en teken 110 lopies, almal uit, aan. Bergvlam kolf en teken die wenlopies in die 22ste boulbeurt aan met 4 paaltjies plat.

Die eerstes verloor met 6 paaltjies.  In hul derde wedstryd kom die Liggies se eerstes teen Hoërskool Hugenote in ‘n 30-boulbeurte wedstryd te staan. Ligbron kolf eerste en teken 188 lopies, almal uit, in die 28ste boulbeurt aan.  Ruben Herbst  teken 55 lopies van 48 balle aan en Hanco Bakker teken 32 lopies aan.  Hugenote teken die wen lopies in die 24ste boulbeurt aan sonder die verlies van enige paaltjies. Die eerstespan verloor hulle wedstryd met 10 paaltjies.

Die krieketspanne bedank graag hulle borge en ouers wat die toer moontlik het.

Baie geluk ook aan Sias Jacobs en JP Austin wat na afloop van die week gekies is om ‘n toerspan te verteenwoordig wat na Sri-Lanka sal toer.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal