)

Ligbron vir Tegnologie seunshokkiespanne na Liga-uitspele

Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se seunshokkiespanne het ‘n uiters suksesvolle week agter die rug met al vier spanne wat hulle wedstryde oortuigend gewen het. Die o/14-span het Maandag, 28 Mei in Secunda teen Curro Secunda aan ‘n vriendskaplike wedstryd deelgeneem en die wedstryd met 4-1 beklink. Die o/16A- en B-spanne het Vrydag, 1 Junie onderskeidelik teen Hoërskool Evander en Hoërskool Standerton in ligawedstryde te staan gekom.

Die o/16A’s het Evander met 4-1 geklop, terwyl die o/16B’s Standerton ook met 4-1 gewen het. Standerton se eerstespan het onttrek en daarom ontvang Ligbron se eerstespan die wedstrydpunt. Die o/14-, o/16A- en eerstespanne dring almal deur na die Liga-uitspele wat op 9 en 16 Junie onderskeidelik by Penryn College, Hoërskool Nelspruit en Uplands College plaasvind. Baie sterkte aan hierdie drie spanne met julle uitspele.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal