)

Ligbron seuns-hokkiespanne wen liga-wedstryde oortuigend

Die seuns-hokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het die afgelope week onderskeidelik teen Hoërskool Standerton en Hoërskool Ermelo te staan gekom. Die o/14’s het Woensdag, 16 Mei 2018, in Standerton teen Hoërskool Standerton se o/16’s ‘n vriendskaplike wedstryd gespeel en die wedstryd met 2-1 beklink. Donderdag, 17 Mei 2018, het die Liggies se o/16A en eerstespan met Hoërskool Ermelo kragte gemeet as deel van hulle ligawedstryde. Die o/16A’s het vir niks terug-gestaan nie en die wedstryd oorheers met ‘n prag-eindtelling van 5-1. Ligbron se eerstespan het ook van staanspoor af ingespring en seker gemaak dat hulle die voortou neem. Die Liggies het teen die einde van die wedstryd met 3 doele voorgeloop toe EHS in die laaste sekondes daarin geslaag het om ‘n doel aan te teken.  Ligbron se eerstespan het die wedstryd met 3-1 beklink. Baie geluk aan hierdie drie spanne met julle pragtige prestasies.

Foto bo: Janu Prinsloo 1stes

Foto’s onder:  Henro Coetzee o/16A, Hernu le Roux o/16A en Marius Ferreira 1stes

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal