)

Erries presteer in gholf te Piet Retief

Op Vrydag 11 Mei 2018 het Hoërskool Ermelo se gholfspanne aan die eerste rondte van die Gert Sibande Gholf-liga deelgeneem te Piet Retief Buiteklub.

Die Errie-gholfspelers het hul goed van hul taak gekwyt. Die A-span kon daarin slaag om 33 punte as span aan te teken, wat beteken dat hul tans die derde plek op die ranglys bekle. Tyron Dewar en Stefan Kemp dra elk 12 punte vir hierdie span by.

In die B-liga het die Erries se B-span ‘n totaal van 45 punte bymekaar gemaak en beklee ook, soos die A-span, die derde plek op die punteleer.  Wian Swart is hierdie span se hoof-puntemaker en teken sy kaart vir 18 punte.

In die C-liga het die Erries vanjaar twee spanne ingeskryf.  Die C1-span (52 punte) en C2-span (41 punte) speel uitstaande gholf en eindig na die eerste rondte onderskeidelik eerste en derde.

Daar lê harde werk voor vir al hierdie spelers om te verbeter voor die tweede rondte wat op Vrydag 18 Mei plaasvind te Bethal Buiteklub. Sterkte, Erries!

Foto bo: Wian Swart, foto onder: Diederik van der Walt

Diederik van der Walt

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal