Die musiekdepartement van Hoƫrskool Ermelo het op Donderdag 12 April 2018 musiek- en dramaleerders na die Monte Casino in Johannesburg geneem om na een van die gewildste musiekblyspele van alle tye, The Sound of Music, te gaan kyk. Hulle is vergesel deur die musiek- en kultuurpersoneel van die skool.
Almal het reeds om 3 uur die middag vanaf die skool vertrek en deur die spitstydverkeer van Johannesburg gebeur om betyds te wees om darem nog aandete voor die opvoering te kon inwerk. Almal het die geleentheid gehad om aandete te gaan nuttig by die restaurant van hulle keuse voordat die opvoering om 8 uur begin het. Net om Monte Casino te besoek, is ān ondervinding op sy eie en ons het gevoel asof ons rondloop in die strate van ān klein Italiaanse dorp.
Die opvoering was natuurlik ān besondere belewenis! Die Teatro, met sitplek vir 1870 mense, was volgepak. Toe die klanke van āThe hills are alive with the sound of musicā opklink, kon ons terugsit in ons stoele en vir drie ure weggevoer word na die pragtige Salzburg op maat van die mooiste bekende en geliefde melodieĆ«. Doh a deer, My favourite things, Edelweiss en vele meer het menige gehoorlid saam laat neurie. Die alombekende AndrĆ© Schwarz in die rol van Captain von Trapp en Sanli Jooste as Maria, het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt. Die dekor was ongelooflik en dit was verbysterend om te sien hoe maklik die dekor met die uitstekende tegnologie van die Teatro blitsvinnig hanteer word. Die lewendige orkes se kwaliteit was uit die boonste rakke en die sewe von Trapp-kinders het vining in almal se harte gekruip.
Na afloop van die opvoering het ons die lang pad huis toe aangepak en om half twee die oggend weer in Ermelo aangekom, moeg maar gelukkig in die wete dat dit vir seker ān uitstappie was om te onthou!
Dankie aan die onderwysers wat die leerders vergesel het.
Op die foto bo:
Voor (vlnr): Mej. Lizanne Dippenaar, Me. Marguerite Jacobsz, Me. Gerda van Zyl, Me. Katrien Jordan, Me. Theunie Heinz, Daniel van der Merwe, Lianie Jansen van Vuuren, YanƩ Broekman, Miceala Erasmus, JunicƩ Broekman
Middel (vlnr): Vosjan Grey, Lusanti Brundyn, Elbeth Badenhorst en Sorita Holtzhauzen
Agter (vlnr): Mnr. Conrad Bouwer, Willie Greyling, Joanie Grobler, GJ Swart, Marni Prinsloo, Zara Büchling, Dané Thirion en Ds. Marius Smit.
Become a Sponsor










