Die graad 10-Landbouleerders van die Hoƫrskool Ermelo het die negentiende jaarlikse boeredag van Chrissiesmeer Studiegroep op Woensdag 7 Maart 2018 bygewoon. Die leerders het die voorreg gehad om na Prof. Mohammed Karaan se toespraak oor die ekonomie van ons landbousektor en sy perspektief oor Suid-Afrika se landbou-toekoms te luister.
Hulle het ook by die boere geleer van 52 mielie- en 18 verskillende sojakultivar-proewe van verskeie maatskappye en die resultate met mekaar vergelyk.
Daar was ook verskeie demonstrasies oor grondbewerking en die implemente daarvoor.
Die dag het geĆ«indig met ān heerlike boere-ete. Die dag was ān besondere sukses en die Erries het dit terdee geniet.
Op die foto’s:
Erries geniet die verskillende aspekte van die boeredag