Die eerste hengelliga, aangebied deur Noord-Oos Mpumalanga, het op Saterdag 10 Maart 2018 te Crissiesmeer plaasgevind. Nege Hoërskole het deelgeneem met ‘n totaal van twaalf spanne.
Dit was ‘n koue dag en die seuns moes hard werk om vis in die net te kry. Erries het ‘n tweedeplek behaal.
Baie geluk aan die hengelaars: Divan Lourens, Rico Jordan en Jake Hoffeldt.