Die onderwysdepartement se jaarlikse Ehlanzeni-distrikprysuitdeling is vroeër die maand by Hoërskool Nelspruit aangebied. Hierdie prysuitdeling se fokus is hoofsaaklik op akademiese matriekprestasies in die distrik vir 2017.
Hoërskool Nelspruit is as algehele toppresterende skool in die distrik en provinsie aangewys en het ‘n prys ontvang vir 100%-matriekslaagsyfer.
Baie geluk aan Zané Maritz wat as ‘n top 10-leerder in die distrik aangewys is.
Nellie-matriekonderwysers ontvang die volgende toekennings as beste vakonderwysers in die distrik
- Eng FAL: Me. L. Meyer, me. E. Mans, me. C. van Wyk
- Geografie: Me. A. Snyman
- Lewenswetenskappe: Me. A. Winterbach
- Wiskunde: Me. E. Rautenbach, me. S. Coetzee
- Wiskundige geletterdheid: Me. G. Dreyer, me. F. Beukes
- Fisiese Wetenskappe: Me. D. Hattingh, mnr. W. de Vos