Leon Visser, oud-leerling van Hoërskool Ermelo wat in 2015 gematrikuleer het, het tydens 2017 se Internasionale Gholf Toernooi (IGT Race to Q-School) ‘n besonderse eerste plek verower!
Leon het aanvanklik gelykop gespeel, maar tydens die uitspele slaan hy sy wenhou reeds op die tweede uitspeel-gat. Hy eindig die toernooi met 4 onder baansyfer.
Hierdie toernooi het vanaf Maandag, 4 Desember tot Woensdag, 6 Desember te Kyalami Counrty Club plaasgevind en Leon het, soos dit ‘n oud-Errie betaam, kop en skouers bo die byna 100 ander spelers uitgestaan.
Baie geluk, Leon! Die Erries is besonder trots op jou en weet dat die toekoms vir jou nog baie sukses sal meebring. Werk hard, en hou jou hart Errie-goen!