)

Ligbron-learning system ontvang toekenning in Mumbai

Die “Ligbron e-learning system” het op Donderdag, 23 November 2017, ‘n toekenning ontvang vanaf die “World Education Congress, Global Awards for excellence in education, leadership & teaching” wat in Mumbai plaasgevind het.

Dit is ‘n groot eer wat Ligbron Akademie vir Tegnologie te beurt geval het.  Mnr. Dup van Rensburg (skoolhoof) en mnr. Frans Kalp (Adjunkhoof e-learning) het die funksie gaan bywoon en die toekenning namens die skool ontvang.  Ligbron is ‘n trofee en sertifikaat toegeken vir Excellence in e-learning and innovation.   Mnr. Frans Kalp was ook die geleentheid gegun om ‘n kort voorlegging van die “Ligbron e-learning system” uit te voer.  Hy het onder andere gesels oor “The use of Videoconferencing to improve mathematics and science results in rural schools”.  Dit is vir Ligbron ‘n groot eer en voorreg om hierdie toekenning te ontvang.

Die “Ligbron e-learning system” maak ook graag van die geleentheid gebruik om die volgende e-learning vennote in onderrig te bedank vir hulle betrokkenheid by die projek: Mpumalanga Department Education, Anglo American, Trans African Concessions (TRAC), Nashua Highveld, Samancor Chrome, Komatsu, ELB Equipment, Edward Snell & Co, Consol, Izimbiwe Coal, The Hermann Ohlthaver Trust, Sonae Novobord, Anglo Coal, Mondi, Glencore, Umsimbithi, Sasol en Tala Resource Development.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal