)

Erries presteer in besigheids-simulasie!

Die Ekonomie-leerders van Hoërskool Ermelo, het op Woensdag, 18 Oktober 2017 deelgeneem aan die Nasionale SNAP besigheids-simulasie wat aangebied is deur Impact Financial Training Academy.

In die ses ure spel van 3 rondtes het die leerders in spanne van 6 teen mekaar meegeding.

Die doel van die spel is om leerders toe te rus met praktiese entrepreneurskapsvaardighede.  Die simulasie is gegrond op ‘n bankrot lugredery wie se finansiële posisie in hierdie 3 rondtes na ‘n winsgewende uitkoms verander moes word!

Die wenspan vir die dag het bestaan uit Ahnia Boshoff, Dané du Plessis, Leané von Wielligh, Francois du Plessis, Owami Mahlangu en Sibusiso Mathibela.

Die 4 spanne saam se gemiddelde prestasie word in ag geneem vir die Nasionale ranglys en die Erries is trots dat ons skool op nasionale vlak ‘n agtste plek in neem!

Geluk, Erries! Ons is trots op julle!

Foto hierbo:

(vlnr) Ahnia Boshoff, Dané du Plessis, Leané von Wielligh, Franois du Plessis, Owami Mahlangu en Sibusiso Mathibela

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal