)

Nellies se atletieksterre maak geskiedenis op Potchefstroom

Die jaarlikse Top 30 skole-atletiekbyeenkoms wat die naweek van 20/21 Oktober 2017 op Potchefstroom aangebied is, sal voorwaar onthou word as ‘n byeenkoms van geskiedkundige vertonings – en Nellies se atlete het gewis ‘n groot aandeel daaraan gehad!

Met ‘n deelnemer-getal van 2 260 atlete, is hierdie byeenkoms die grootste skole-byeenkoms in die RSA. In talle items was daar meer as 40 atlete wat om podiumplekke meegeding het! Selfs ‘n plek onder die eerste 10 atlete, kan as ‘n puik prestasie beskou word. Beide die seuns en die meisies, moes in die A-afdeling teen die sterkste skole meeding. Die seuns (7e uit 24 spanne) het hierdie keer die bordjies verhang en ‘n beter posisie as die meisies (14e) ingeneem. NHS se span het gesamentlik 12e geëindig. Die seuns reken onder andere af met Klerksdorp, Vorentoe, King Edward, Waterkloof, Potch Gimnasium, Noordheuwel en Kemptonpark. Onder die mesies se slagoffers, tel skole soos Vorentoe, Monument, Waterkloof, Wesvalia en Eldoraigne.

Daar was verskeie skitterende vertonings deur NHS-atlete, maar die name van Douw Kruger, Devon Nell en Van Reenen Kruger, verdien vir seker elk ‘n ereplek op die lys van uitsonderlike en geskiedkundige prestasies.

Douw (seuns 15) het die eerste Laeveld-seun geword wat as 15-jarige, die 4kg-gewig verder as 18m kon laat grondvat – ‘n afstand wat aan hom die magiese voltal van 1200 op die ABSA-tabel, besorg het. Sy nuwe Nellie-rekord staan nou op ‘n ongelooflike 18,64m, wat sy vorige beste afstand met 65cm getroef het. Douw se gesogte eersteplek, het hom in ‘n klas van sy eie geplaas, met Klerksdorp se Juan Oosthuyzen (16,56m) in die tweedeplek.

Devon (seuns 16) het die vorige week op Mookgophong, die Nellie-rekord in die 400m hekkies na 55.72 sek. verbeter. Te midde van uiters strawwe kompetisie, slaag Devon daarin om weer eens die rekordboeke te herskryf. Sy wentyd van 55.21 sek. is werklik fenomenaal vir ‘n 16-jarige!

Die 14-jarige Van Reenen het op sy beurt, die eerste NHS-seun in die skool se roemryke geskiedenis van 65 jaar geword, wat die 100m hekkies (vir seuns 14) onder 14 sek. kon aflê. Sy tyd van 13.97 sek. (hy was sesde) oortref Zandré Kruger se 14.09 sek. wat sedert 2011 in die rekordboeke gepryk het. Van Reenen het voorts ook ‘n rekordtyd van 40.90 sek. in die 300m hekkies aangeteken.

Die meisies het ook vir vier splinternuwe Nellie-rekords gesorg: twee in gewigstoot, en twee in die 3 000m. Na haar puik skyfwerp-prestasie die vorige week, het Shana Scott (m.14) daarin geslaag om Natasha Brown se rekord van 11,81m (gewigstoot) met ‘n baie goeie stoot van 11,86m haar eie te maak. Christine Kruger (m.15) se 12,56m (ook gewigstoot) was 2cm verder as die vorige rekord wat deur Cor-Mari Oliver (2012) gehou is. Die juniors het ook in die 3 000m geskitter, toe Wilmi Basson (m.14) eers Leonine Gildenhuys se rekord van 12:36.44 afgebring het na ‘n uitstekende 11:52.25. Daarna het Mila de Villiers (m.15) met haar pragtyd van 11:47.06 ook met Mia Erasmus se vorige rekord van 12:03.25 klaargespeel.

Benewens genoemde rekordpogings, het nog ‘n hele rits pragtye, afstande en hoogtes, die oog gevang en het talle NHS-atlete top 6 plekke behaal:

  • Linmari Potgieter (m.17): hoogspring – 1,60m (3e)
  • Megan Nel (m.15): driesprong – 10,31m (5e)
  • Magnificent Ngwenya (s.16): driesprong – 13,21m (3e); ook verspring – 6,28m (5e)
  • Jacques Marais (s.15): skyfwerp – 55,21m (3e) * 1174 punte
  • Xander Rutherford (s.15): skyfwerp – 53,27m (5e) *1101 punte
  • Andreas van Heerden (s.16): 3000m – 9:34.41 (5e)
  • Aubrey vd Bank (s.16): spiesgooi – 58,52m (4e)
  • Wian Otto (s.17): gewigstoot – 15,93m (2e); ook skyfwerp – 47,55m (3e)
  • Naas Marais (s.19): skyfwerp – 52,02m (1e)
  • Nicola Cronjé (m.16): 400m – 60.75 sek. (6e)
  • Ilke Joubert (m.19): skyfwerp – 27,66m (1e); ook gewigstoot – 11,35m (3e)
  • Nicolize Aucamp (m.14): 400m – 61.63 sek. (6e)

Van die ander mooi uitslae wat sekerlik vermelding verdien, sluit in:

  • Nicci Viljoen (m.14): 300m hekkies – 49.68 sek.
  • Shana Scott (m.14): skyfwerp – 31,34m
  • Suzaan Nel (m.15): 200m – 26.90 sek.; ook 100m – 12.86 sek.
  • Nicola Cronjé (m.16): 800m – 2:22.36
  • Jaytee Boers (s.16): 800m – 2:01.87; ook 400m – 51.61 sek.
  • Devon Nell (s.16): 110m hekkies – 14.79 sek.
  • Andreas van Heerden (s.16): 1500m – 4:23.33
  • Lourens Potgieter (s.15): 100m – 11.36 sek.
  • Tayla Kotzee (m.15): 90m hekkies – 14.94 sek.
  • Mila de Villiers (m.15): 1500m – 5:08.23
  • Thembi Cossa (m.17): 1500m – 5:10.44
  • Terrance Terblanché (s.14): spiesgooi – 44,56m

Baie geluk en dankie aan al die atlete en afrigters wat die voorseisoenprogram met geesdrif aangepak en vir uithaler vertonings gesorg het!

Foto hierbo:

Voor: Devon Nell, Douwe Kruger, Van Reenen Kruger

Agter: Christine Kruger, Shaa Scott en Wilmi Basson.

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal