Evangelique Lloyd (Graad 4) en Mieke  Botes (Graad 5) van Laerskool Nelspruit, is beide 6de op die Ranglys in Suid Afrika vir die NRG (Energy/Hip Hop/Slow Style/Bangra) – Solo Dance Latina afdeling in SA  – Onder hulle ouderdoms kategorie.
Evangelique is ook 6de in SA vir die Klassieke afdeling en is algeheel 19de in SA’s vir al die afdelings en ouderdomsgroepe saam. Sy gaan in die Oktober skoolvakansie deelneem aan die Limpopo Kampioenskappe se Ranglys kompetisie om finale plek in die Ranglys groep te bekom.
Beide Mieke en Evangelique saam met Xandely Steyn Graad 1 en Mieke Pauer Graad 1, is ook oppad na die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Polokwane in die Oktober skoolvakansie en dan later in die jaar gaan sy ook Mpumulanga verteenwoordig in die MP Kampioenskappe Rangorde.
Sowaar #TrotsNellies #NellieGuts