Hoërskool Nelspruit-tennisspelers maak skoonskip in distrik.

Verskeie NHS-tennisspelers is in die o/15 en o/18 Ehlanzeni-distrikspanne ingesluit en het onlangs aan die interdistrikkampioenskappe deelgeneem waar beide spanne, asook Ehlanzeni in geheel, as wenners uitgetree het. Nellies wat deel is van die o/18-span is Wiehann Hood, Taillard van Zyl, Japie Lubbe, Zjada Dickson en Megan Fourie. Nellies in die o/15-span is Ruben le Roux, Du Toit Wessels, Ruben Grundlingh en Michelle Boshoff.

Baie geluk!

 

Become a Sponsor