)

Hoërskool Florida Swemmers presteer by Midmar myl

Voor vlnr: Dana Janse van Vuuren en Mia Janse van Vuuren

Agter vlnr: Simone van Staden, Daniella van Staden en Keagan Olivier

Die eerste Midmar myl is in 1974 geswem, met slegs 153 manlike deelnemers. Geen dames is daardie jaar toegelaat om aan die item deel te neem nie.  Sedertdien het die Midmar myl van krag tot krag gegaan. In 2009 word die Midmar myl deur die “Guinness World Records” as die grootste “open water swimming event” in die wêreld erken, met 17 332 deelnemers.  Hierdie jaar is die  47ste Midmar myl en is die Florries trots om vir die laaste sewe jaar aan die Midmar myl deel te neem. Die Florrie-deelnemers is almal al “multi-mylers”, wat beteken dat elkeen op 8 en 9 Februarie tussen 5  (5 x 1 600m dus 8 km)  en 8 (8 x 1 600m dus 12.8 km) myl geswem het.

Keagan Oliver is ook deel van die spesiale groep wat bekend staan as die “8 Mile Club”.  Sy wend haar liefde vir swem aan ten bate van die beskerming van renosters.  Dit beteken dat sy verantwoordelik is vir die bewusmaking en fondsinsameling vir hierdie liefdadigheid. Hierdie jaar het sy R21 000 ingesamel ten bate van die “Ezemvelo Wild Live Trust” en ontvang ’n spesiale silver medalje hiervoor.

Simoné van Staden swem sewe myl offisieel vir haarself, maar neem ook deel aan die eerste item waar sy ’n ander gestremde swemmer bystaan om hul droom te bereik deur ’n Midmar myl te voltooi.  Dit is sowaar inspirasie om hierdie mense in die water te sien. Hulle word ook gewoonlik met groot jolyt deur die skare ontvang by die wenstreep.

Die beste tye deur elke Florrie-deelnemer is soos volg:

Keagan Oliver (32:31), Simoné van Staden (33:31), Dana Janse van Vuuren (43:02), Daniëlla van Staden (41:59) en Mia Janse van Vuuren (37:47).

Hierdie leerders leef die volgende leuse uit:  “Wanneer jou liggaam moeg is, swem met jou hart.” (When your body gets tired, swim with your heart).

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

FEI Jumping World Challenge – St Stithians College delighted

FEI Jumping World Challenge. Jenna jumping for South Africa – Celebrating Old Stithian Jenna Kirk. St Stithians College, Sandton, is immensely proud of Old Stithian Jenna Kirk (Class of 2025),…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal