Hoërskool Bastion in Krugersdorp wens hul 1ste hokkiespan geluk met hul 3de plek (uit 12 skole ) gedurende die Spar Reeks wat die naweek van 21 Julie 2018 plaasgevind het. Ook wens ons hulle sterkte toe met met die Noordvaal uitspele wat plaasvind by Hoërskool Noordheuwel vanaf 02 – 04 Augustus 2018.
Ons wens ook hul afrigter, Me Retha van der Walt geluk met haar prestasies. Sy is vir die SA Masterspan 50+ gekies om deel te neem aan die Wêreldbekertoernooi in Barcelona vanaf 25 Julie tot 05 Augustus 2018. Baie sterkte ook vir Me Retha van der Walt
Op die foto bo: Die eerste dogters-hokkiespan.